‘n Handelaar neem Vrystaatse munisipaliteite hof toe
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 11
- 1 min read
Shoprite Checkers (Pty) Ltd neem Vrystaatse munisipaliteite en hul topamptenare hof toe vir minagting, en probeer om hulle persoonlik verantwoordelik te hou vir die versuim om rou rioolvuil buite 'n winkel in Welkom te stop. Newsday berig hulle voer aan dat munisipale leiers 'n bevel van die Hooggeregshof wat in April 2025 uitgereik is, geïgnoreer het. Die oorspronklike bevel, wat in April 2025 deur Regter Boonzaaier in die Vrystaatse Hooggeregshof gelewer is, het bevind dat die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit en Lejweleputswa Distriksmunisipaliteit nie aan hul grondwetlike en statutêre verpligtinge voldoen het om voldoende, gesonde munisipale sanitasie te verskaf nie. Die handelaar voeg by die situasie het 'n negatiewe impak op hul supermark, kliënte, werknemers en die plaaslike gemeenskap.





Comments