’n Hibriede werkmodel word vir staatsamptenare gevra

Jun 10
1 min read
Stygende brandstof-, voedsel-, elektrisiteits- en mediese kostes plaas staatsamptenare onder toenemende finansiële druk.
Die Vereniging van Staatsamptenare sê daarom 'n hibriede werkstelsel behoort oorweeg te word waar dit prakties moontlik is.
Die voorstel is tydens 'n vergadering van die Openbare Diens Koördinerende Bedingingsraad ter tafel gelê.
Die vakbond sê vanjaar se salarisverhoging van 4% hou nie tred met die stygende lewenskoste nie.
Hulle voeg 'n hibriede werkmodel kan staatsamptenare én die regering geld bespaar, hoewel dit nie vir alle poste geskik sal wees nie.
Die vakbond meen die stelsel kan ook help om die finansiële druk op staatsamptenare te verlig.









Comments