'n Historiese teken op Naval Hill kry nuwe lewe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 5
- 1 min read
Updated: Jun 8
'n Bekende stuk Bloemfontein-geskiedenis op Naval Hill het onlangs nuwe lewe gekry nadat die groot "BLOEMFONTEIN"-teken oorgeverf en opgeknap is.
Die projek is met die hulp van Mangaung Metro-werkers, personeel van die Openbare Indiensnemingsprogram en studente aangepak.
Die teken, wat uit groot wit klippe bestaan, dateer volgens geskiedkundige inligting uit ongeveer 1920 en was oorspronklik 'n belangrike navigasiemerk vir vlieëniers wat na die destydse Ou Tempe-lughawe gevlieg het.
Die teken is vandag steeds vanaf die lug sigbaar en dien as 'n herinnering aan Bloemfontein se ryk lugvaartgeskiedenis.
Friends of Franklin en Naval Hill Nature Conservation het in ‘n boodskap almal wat by die opknappingsprojek betrokke was, vir hul bydrae bedank.








Comments