top of page

‘n Hofstryd dreig oor die agterstand van geboortesertifikate

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 20
  • 1 min read

Onlangse berigte dui aan dat Suid-Afrika se Departement van Binnelandse Sake sowat 'n kwartmiljoen mense vir jare laat wag vir geboortesertifikate. Nuus in Afrikaans berig die getal is volgens die Children’s Institute, se Tania Broughton, ‘n konserwatiewe skatting. Sy verduidelik dat die Instituut nou hof toe is om dié departement te dwing om op te tree en die agterstand aan te spreek. Die Instituut, wat deur die Legal Resources Centre verteenwoordig word, voer aan dat die departement se trae hantering van die saak — wat fundamentele regte van kinders, ouers en versorgers raak — as ongrondwetlik verklaar moet word. Dit aangesien die gebrek aan dokumentasie dit vir kinders feitlik onmoontlik maak om tot die onderwysstelsel toe te tree.

 
 
 

Comments


bottom of page