'n Hofuitspraak is dalk die keerpunt in die stryd teen renoster-uitwissing
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 5
- 1 min read
Die Kimberleyse hooggeregshof het ʼn uitspraak gelewer wat ʼn keerpunt kan wees in die stryd om renosters teen uitwissing te beskerm. Die uitspraak kan die weg baan vir die wettige en etiese renosterhoringhandel.
Maroela Media berig die hof het die regering se aansoek om verlof tot appèl met koste van die hand gewys teen ʼn vroeëre uitspraak wat bepaal dat uitvoerpermitte vir wettig en eties verkrygde renosterhoring uitgereik moet word.
Dít kom nadat die stigter van Rockwood Conservation, Wicus Diedericks, die departement hof toe geneem het, omdat sy herhaalde aansoeke vir uitvoerpermitte in die verlede geweier is.
Diedericks sê die uitspraak bevestig die regte van privaat natuurbewaarders en teelfasiliteite om hul duur bewaringspogings te finansier deur die wettige internasionale handel in eties gesnoeide renosterhoring.
Voorstanders van wettige handel sê dat renosterhoring ʼn hernubare hulpbron is. Die horing bestaan uit keratien – dieselfde dooie weefsel as in menslike hare en naels – en groei voortdurend terug.
Hulle voer verder aan dat horings veilig van lewende renosters gesnoei kan word sonder om pyn of beserings te veroorsaak. Bewaarders onthoring renosters reeds om stropers af te skrik en beserings te voorkom.








Comments