‘n Hoë aantal onderwysers verlaat openbare skole
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 14
- 1 min read
Die Vereniging van Staatsamptenare (PSA) sê hulle is bekommerd oor die hoë aantal onderwysers wat openbare skole verlaat.
Die vakbond sê hierdie opvoeders verlaat weens uitdagings wat misdaad, onvoldoende hulpbronne en verslegtende werksomstandighede insluit.
Dit voeg by onderwysers verlaat openbare skole omdat hulle nie veilig, ondersteun of gewaardeer voel in die werkplek nie.
Claude Naiker van die PSA sê die minister van Basiese Onderwys moet ingryp.








Comments