‘n Hoëvlak-ondersoek is na die beweerde sluipmoordpoging op ‘n polisielid geloods
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 hour ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het 'n hoëvlak-ondersoek van stapel gestuur nadat generaal-majoor Feroz Khan in 'n skietvoorval in Houghton gewond is.
Die Politieke Moorde-taakspan is ingespan om die Valke, Misdaadintelligensie en die speurdiens met die ondersoek by te staan.
Khan is Sondagaand na 'n hospitaal gehaas nadat hy geskiet is.
Hy sou na verwagting later vandeesweek voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig.
Polisiewoordvoerder brigadier Athlenda Mathe waarsku egter teen spekulasie en sê dit is te vroeg om die aanval met sy beplande getuienis te verbind.








Comments