top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Huurder is na ‘n argument oor water en elektrisiteit oorlede

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 25, 2024
1 min read

‘n 66-jarige huurder is oorlede nadat hy in ‘n argument met sy verhuurder betrokke geraak het. Luidens berigte het hy die 72-jarige verhuurder genader toe hy ontdek het dat daar geen water en elektrisiteit by sy blyplek, buite Hartebeespoortdam naby Brits, is nie. Die verhuurder het glo tydens hulle argument ‘n vuurwapen in sy huis gaan haal en die huurder geskiet. Die verdagte het van die toneel gevlug tewyl die slagoffer na die hospital, waar hy dood verklaar is, vervoer is. Tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie rondom die Skeerpoort-omgewing is die verdagte in hegtenis geneem. Die verdagte sal, op aanklagte van moord, na verwagting vandag in die Brits-landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page