'n Identiese tweeling skenk albei geboorte op hul verjaardag
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 18, 2025
- 1 min read
'n Identiese tweeling het op dieselfde dag albei geboorte geskenk – elkeen aan 'n dogtertjie.
Netwerk24 berig Theandi Esterhuizen en haar suster, Karla van der Linde, se babas is nie net op dieselfde dag in dieselfde hospitaal in Mosselbaai gebore nie, maar dit is die tweeling se verjaardag ook.
Volgens die susters het hulle glad nie ’n idee gehad dat hulle op dieselfde dag geboorte sou gee nie – wat nog te sê op hul verjaardag.
Esterhuizen sê hulle het grappies oor die jare daaroor gemaak, maar niemand het dit ooit ernstig oorweeg nie. Van der Linde sê dit voel nog steeds onwerklik.







Comments