top of page

‘n Ineengestorte tempel het geen planne of permitte gehad nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Dec 17, 2025
  • 1 min read

Updated: Dec 18, 2025

Volgens die minister van openbare werke, Dean Macpherson, was daar geen goedgekeurde planne vir die vierverdiepingtempel wat onlangs in Verulam in KwaZulu-Natal ineengestort het nie.


Macpherson het die media ingelig oor die voorval, wat verlede Vrydag vyf lewens geëis het.


Hy het onthul dat daar ook geen boupermitte vir die gebou was nie én dat dit met sub-standaard beton en versterkingskolomme gebou is.


Mcpherson sê die ineenstorting het plaasgevind terwyl beton gegiet is, met berigte wat aandui dat werk aan die gang was op die gebou se boonste vlakke.


Hy voeg by om verdere voorvalle te voorkom is dit van kritieke belang om die verskaffer en bouer dringend te vind.


Dean Macpherson. FOTO: Facebook
Dean Macpherson. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page