'n Italiaanse tiener word gekanoniseer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 8
- 1 min read
Ongeveer 60 000 mense het by die Vatikaan byeengekom vir die kanonisering van die Katolieke Kerk se eerste sogenaamde "millennial saint".
Dié eer het Sondag behoort aan 'n Italiaanse tiener, Carlo Acutis, wat in 2006 in die ouderdom van 15 aan leukemie dood is. Hy is ook genoem "God se smaakmaker" vir hoe hy sy geloof aanlyn versprei het.
AFP berig die sogenaamde "kuber-apostel" is nie die tradisionele beeld van 'n heilige nie; sy gepreserveerde liggaam in Assisi is geklee in 'n denim en Nike-tekkies.
Amper 'n miljoen pilgrims het die afgelope jaar Acutis se graf besoek.





Comments