top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Jaar later staan bouwerk by 'n VS sportsentrum steeds stil

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 10
1 min read

Byna 'n jaar nadat bouwerk aan 'n binnenshuise sportsentrum in Smithfield in die Vrystaat gestaak is, is daar steeds nie ’n nuwe kontrakteur vir die projek aangestel nie. Die vorige kontrakteur se kontrak van R56 miljoen is weens swak prestasie beëindig.


Netwerk24 berig die woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, Tankiso Zola, sê die bouaktiwiteite is tans opgeskort in afwagting op die aanstelling van ’n nuwe kontrakteur. Die aanstellingsproses het reeds in November verlede jaar begin. Zola sê die proses kon egter nie vorder nie weens komplikasies tydens die tender-evalueringsproses.


Die projek is intussen in Junie vanjaar aan die Independent Development Trust (IDT) as die nuwe implementeringsagent oorgedra.


Zola sê die R6,7 miljoen wat reeds aan die projek bestee is, hou verband met aansienlike werk wat voltooi is volgens die goedgekeurde ontwerp.


Die onvoltooide binnenshuise sportsentrum in Smithfield. FOTO: DA Free State
Die onvoltooide binnenshuise sportsentrum in Smithfield. FOTO: DA Free State

 
 
 

Comments


bottom of page