‘n Jong Bloemfonteiner blaas sy pad boontoe
- Saamgestel deur Nadia Pieters
- 1 day ago
- 1 min read
’n Matriekleerder van die Hoërskool Fichardtpark is besig om naam te maak as ’n jong rugbyskeidsregter.
Volgens Netwerk24 het die 18-jarige Nico Bredenhann tydens die afgelope skoolvakansie as skeidsregter opgetree by ’n o.16-Prestige-toernooi by die Bethlehem Voortrekker Hoërskool.
Hy is ook deur die Griffons-rugbyunie betrek en het tydens die toernooi die Vrystaat Cheetahs-skeidsregters verteenwoordig.
Bredenhann, wat tans ’n vlak drie-skeidsregter is, hanteer reeds klub- en skoolwedstryde en werk doelgerig aan sy ontwikkeling.
Hy mik om later vanjaar na die tweede liga te vorder en in sy pa se voetspore te volg wat self ’n ervare skeidsregter is.




