top of page

‘n Jong Bloemfonteiner hoop op ‘n nieroorplanting

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 27
  • 1 min read

Vir die 14-jarige Bloemfonteiner Altus Hoffman lê die enigste hoop vir ’n toekoms in ‘n nieroorplanting.


Volgens ‘n plasing op Kidney Heroes se sosiale media het Altus se niere verlede jaar Maart begin faal.


Tans is sy nierfunksie slegs 19%. Hy is sedert verlede jaar op bloedruk medikasie en ondergaan tans voor-oorplantings toetse.


Hy sal ook binnekort op die algemene oorplantingsregister geplaas word.


News24 het destyds berig Altus is een van drie boeties wat met ‘n kondisie gediagnoseer is wat as gevolg van letsels en siste wat in die nier vorm tot nierversaking lei.


Altus Hoffman. FOTO: News24
Altus Hoffman. FOTO: News24

Comments


bottom of page