'n Jong Bloemfonteinse joernalis palm 'n gesogte streekstitel in
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 27, 2025
- 1 min read
'n Jong joernalis van Bloemfontein het met die louere weggestap as die streekwenner vir jong joernaliste in die Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes en Limpopo in die 2025 Vodacom-kompetisie vir joernaliste.
Netwerk24 berig Liza-May Pieters het onder meer berig oor die beweerde toesmeer van mediese nalatigheid by die Pelonomi-hospitaal, asook die gru-ongeluk waarin drie kinders vroeër vanjaar in ’n botsing buite Bloemfontein gesterf het. Pieters, wat ook vir Netwerk24 werk, se verslaggewing daaroor het die menslike kant van die tragedie beklemtoon, insluitend die families se perspektief en die nasleep vir die gemeenskap.
Haar erkenning as streekwenner beteken sy gaan nou meeding om die titel van die Nasionale Jong Joernalis van die Jaar, wat op 4 Desember op ’n seremonie in Johannesburg aangekondig sal word.
Die redakteur van Vista in Welkom, Marti Will, is as streekwenner in brekende nuus vir haar werk oor hofsaak-ondersoeke gekroon.







Comments