'n Jong dokter kwalifiseer onder dié wat haar lewe as baba gered het
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 15, 2025
- 1 min read
Meer as 20 jaar nadat twee dokters om haar lewe geveg het, was Jana Campbell weer in hul teenwoordigheid – dié keer nie as ’n pasiënt nie, maar as ’n gekwalifiseerde dokter.
Netwerk24 berig Campbell het onlangs haar MBChB-graad tydens die fakulteit gesondheidswetenskap se gradeplegtigheid aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) ontvang.
Sy is in Januarie 2002 prematuur in Vryburg in Noordwes gebore. Sy is per ambulans na Universitas-Akademiese Hospitaal in Bloemfontein gebring. Hier het die hoof van die afdeling pediatriese kardiologie, Stephen Brown, en medeprofessor in die departement pediatrie en kindergesondheid aan die UV, David Griesel, haar lewe gered.
Campbell beskryf dit as die voltooiing van ’n lewensirkel – van ’n premature baba, wat gesukkel het om asem te haal, tot ’n jong dokter wat nou ander mense se lewens kan red.







Comments