top of page

'n Jong Ladybrand-onderwyseres word in Bloemfontein vermis

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 27, 2025
  • 1 min read

'n Jong onderwyseres van Ladybrand word in Bloemfontein vermis.

'n Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, bevestig Amogelang Molwagae is Saterdag laas in Heuwelsig gesien.

Netwerk24 berig sy is laaste deur haar familie in Heuwelsig gesien toe sy die huis verlaat het om brood en hoofpynmedisyne te koop. Sy het ten tyde van haar verdwyning 'n swart broek, swart-en-groen Adidas-tekkies en 'n swart baadjie aangehad.

Die polisie versoek enigiemand met inligting oor Molwagae om die Bayswater-polisiekantoor te kontak.

 
 
 

Comments


bottom of page