top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Jong man is doodgeskiet nadat hy glo lemoene wou steel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 hour ago
  • 1 min read

'n Man sal in aanhouding bly nadat 'n 24-jarige man tydens 'n beweerde lemoendiefstal in Delportshoop doodgeskiet is.


Die DFA berig Albanie Gundry is na bewering geskiet nadat hy en 'n vriend deur 'n gat in 'n heining toegang tot 'n erf verkry het.


Ná die voorval is verskeie vuurwapens, waaronder gewere, vir forensiese ondersoek gekonfiskeer.


Inwoners sê huise in die woonbuurt word gereeld deur inbrekers geteiken en dat huisbrake algemeen voorkom.


Sommige inwoners glo die huiseienaar het geskiet nadat hy 'n groep mans op sy erf opgemerk het.


Die 60-jarige beskuldigde het intussen in die hof verskyn en sal volgende week om borgtog aansoek doen.


FOTO: DFA
FOTO: DFA

 
 
 

Comments


bottom of page