'n Jong meisie is tydens 'n jagtog in die VS doodgeskiet
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 1
- 1 min read
'n Jong meisie van Krugersdorp in Gauteng is tydens 'n jagtog op die Franshoek-plaas naby Ficksburg in die Vrystaat doodgeskiet.
Volgens berigte het die 12-jarige meisie se pa en die verdagte Vrydag op die plaas gejag toe die verdagte na bewering per ongeluk ’n vuurwapen afgevuur het, wat die meisie gewond het. Die meisie is na ’n plaaslike hospitaal gehaas vir mediese behandeling, maar is met haar aankoms dood verklaar.
Die voorval is deur hospitaalpersoneel by die polisie aangemeld. ’n Moordsaak is vervolgens geopen, en alle vuurwapens wat aan die verdagte behoort, is gekonfiskeer vir verdere forensiese ballistiese toetse as deel van die voortgesette ondersoek.
Die verdagte is op aanklagte van moord in hegtenis geneem, en sal na verwagting Maandag in die Ficksburg-landdroshof verskyn.








Comments