'n Jong paartjie verongeluk 'n paar maande ná hul troudag
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 30, 2025
- 1 min read
'n Jong getroude paartjie is oorlede toe hul motor op die N3 tussen Warden en Villiers in die Vrystaat reg van voor teen 'n vragmotor gebots het.
Maroela Media berig huldeblyke stroom in vir Zane en Claryke Hilton, wat in September getroud is.
Volgens berigte het die botsing Saterdagmiddag plaasgevind, en die N3 is ure lank daarna in albei rigtings gesluit. Dit het verkeersopeenhopings veroorsaak, terwyl nooddienste en owerhede die toneel beveilig en ʼn ondersoek ingestel het.







Comments