top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Jong prokureur is voor die KBVA doodgeskiet

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 24
  • 1 min read

'n Prokureur van Krugersdorp, Chinette Gallichan, is buite die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) se kantore in Johannesburg doodgeskiet.


IOL berig volgens ooggetuies het die 35-jarige Gallichan pas uit haar voertuig geklim toe ’n aanvaller haar genader en van naby op haar losgebrand het. Die verdagte het te voet van die toneel gevlug voordat hy in ’n wagtende voertuig geklim en ontsnap het.


Medeprokureur Jacobus Myburgh sê Gallichan was ten tyde van haar dood na bewering betrokke by ’n arbeidsgeskil rakende werkers wat glo afgelê is en vergoeding gesoek het. Vroeë aanduidings vanaf die toneel dui daarop dat die aanval moontlik geteiken was, aangesien geen van haar besittings geneem is nie.


Intussen berig Newskoop die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, veroordeel die skietdood. Die minister se woordvoerder, Terrence Manase, sê Kubayi het beklemtoon dat geweld nooit as ’n manier om geskille op te los aanvaar kan word nie.


LUISTER HIER:


Terrence Manase

Chinette Gallichan. FOTO: Facebook
Chinette Gallichan. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page