‘n Jong seun se soldaat-droom word waar by die Pantsermuseum
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 hours ago
- 1 min read
’n Veertienjarige se droom om eendag ’n soldaat te word, het in Bloemfontein ’n werklikheid geword tydens ’n spesiale besoek aan die SA Pantsermuseum.
Volgens ‘n plasing op die Pantsermuseum se sosiale media is die besoek in samewerking met die Reach for a Dream-stigting gereël, waar Onalenna Lesia die geleentheid gekry het om tyd by die museum deur te bring en met tenksimulators te werk.
Volgens die museum het hy beïndruk met sy fokus, entoesiasme en natuurlike aanleg, en het hy sterk potensiaal as beide ’n tenkbestuurder en skut getoon.
Die museum het Onalenna en sy familie sterkte toegewens vir die pad vorentoe en sê hy het ’n blink toekoms.








Comments