top of page

‘n Jong seun skiet glo per ongeluk ‘n plaaswerker dood

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 13
  • 1 min read

Die dood van ‘n plaaswerker word ondersoek nadat hy glo per ongeluk deur ‘n 11-jarige seun in die bors geskiet is.


Maroela Media berig die polisie is die naweek ontbied nadat inligting oor die skietvoorval op die plaas ontvang is.


Met hulle aankoms het hulle die liggaam van ‘n man in sy 30’s aangetref.


‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die 11-jarige seun glo tarentale op die plaas geskiet het toe die vuurwapen per ongeluk afgegaan het.


Die seun se 43-jarige pa is gevolglik in hegtenis geneem en aangekla van die nalatige hantering van ‘n vuurwapen.


Die pa en seun sal na verwagting eersdags in die landdroshof op Thabazimbi, in Limpopo, verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media


Comments


bottom of page