top of page

‘n Jong seun verdrink op die bouperseel van ‘n rioolaanleg

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 5, 2025
  • 1 min read

’n Tragiese voorval het die Vrystaatse gemeenskap van Kutlwanong by Odendaalsrus geruk toe ’n 11-jarige seun in ‘n oop gat op ’n konstruksieterrein verdrink het. Parys Gazette berig Sersant Palesa Thabana sê volgens voorlopige inligting is drie seuns tussen die ouderdomme van 10 en 11 jaar gesien waar hulle in ’n modderput, gevul met afvalwater, geswem het. Die kinders het klaarblyklik in die modder vasgeval. Twee van die seuns, beide 10 jaar oud, het egter daarin geslaag om te kon uitkom. Polisieduikers van Welkom is na die toneel ontbied en in samewerking met die Matjhabeng Brandweer is die liggaam van die 11-jarige seun uit die rioolwater verwyder. Nooddienspersoneel het die seun op die toneel dood verklaar.

 
 
 

Comments


bottom of page