‘n Jong vrou wat na bewering ontvoer is, is terug gevind

'n Jong vrou van Johannesburg wat na bewering buite haar eie voordeur ontvoer is, is terug gevind.
Alex van Heerden is laas op Woensdag gesien toe sy uit 'n Uber by haar huis in Northcliff geklim het. Op beeldmateriaal kan gesien word hoe dit lyk of minstens drie onbekende mans haar in ’n motor in dwing en weg jaag die oomblik toe sy by haar hek uit die Uber klim.
Briefly berig die Uber-bestuurder, wat die insident aanskou het, het onmiddellik na die naaste polisiestasie gery om die voorval aan te meld.
Volgens berigte is Van Heerden danksy Specialised Security Services (SSS), onder leiding van Mike Bolhuis, in Vosloorus gevind. SSS sê die publiek se vinnige verspreiding van inligting het ’n deurslaggewende rol in haar opsporing gespeel.
Geen verdere besonderhede oor die omstandighede waarin sy gevind is, is bekend nie. Dit is ook nie bekend of enige verdagtes in hegtenis geneem is nie.









Comments