'n Jong Vrystater probeer twee keer sy ouma versmoor
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 25
- 1 min read
'n Jong man van Borwa naby Tweespruit in die Vrystaat het na bewering twee keer probeer om sy ouma te versmoor.
Volgens 'n polisieverklaring sê die slagoffer die verdagte het gesê hy volg net instruksies van ’n bende bekend as “BTK” (Born to Kill), en dat hy ’n familielid moes doodmaak om rang en erkenning te kry.
Die vrou sê sy is die aand wakker gemaak toe iemand ’n kussing oor haar gesig plaas in ’n poging om haar te versmoor. Sy het terugbaklei en ontdek dit is haar kleinseun. Hy het na bewering ’n tweede keer probeer om haar met die kussing te versmoor, maar sy het hom weer oorweldig.
Die vrou het na bure gevlug vir hulp en die saak by by die polisie aangemeld. Dit het tot die verdagte se inhegtenisneming gelei.
Die beskuldigde het kortliks Vrydag in die Ladybrand-landdroshof verskyn op ’n aanklag van poging tot moord. Die saak is tot Dinsdag uitgestel vir ’n formele borgtogaansoek en reëlings vir regshulp by die Tweespruit-landdroshof.
Polisie het ouers en voogde gemaan om waaksaam te wees vir ongewone gedrag onder jongmense wat by verdagte groepe betrokke is, en om hulp by owerhede of maatskaplike ondersteuningsinstellings te soek.








Comments