‘n Jongman is in hegtenis ná die moord op sy bejaarde buurman

Jun 12
1 min read
'n Twintigjarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy 71-jarige buurman in Orkney in die Noordwes.
Volgens The Citizen is die verkoolde liggaam van die bejaarde agterop 'n uitgebrande bakkie in 'n afgeleë veld ontdek.
Die polisie sê ondersoekers het die voertuig na 'n adres in Orkney teruggespoor, waar bloedvlekke opgemerk is wat na die huis van die verdagte gelei het.
Beamptes het ook beslag gelê op 'n wapen wat vermoedelik tydens die moord gebruik is, asook van die oorledene se besittings.
Die verdagte is later by 'n plaaslike hospitaal opgespoor en in hegtenis geneem.
Sake van moord en regsverydeling word ondersoek.









Comments