top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Junior beampte ondersoek nou die Vrystaat-premier se korrupsiesaak

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 23
  • 1 min read

’n Senior Valke-ondersoeker is uit ’n hoëprofiel korrupsie-ondersoek in die Vrystaat verwyder en met ’n junior beampte vervang.


Die ondersoek hou verband met bewerings van korrupsie van sowat R269-miljoen wat met die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, verbind word.


Volgens berigte word die senior ondersoeker intussen self intern ondersoek, hoewel die aard van die ondersoek nog nie bekend gemaak is nie.


Die VF Plus sê in ‘n mediaverklaring die verandering wek ernstige vrae oor die deursigtigheid en geloofwaardigheid van die ondersoek.


Die party het vrae aan die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, gerig oor die redes vir die veranderinge aan die ondersoekspan.


Die VF Plus sê die publiek verdien antwoorde aangesien groot bedrae belastinggeld en bewerings van hoëvlak-korrupsie ter sprake is.


MaQueen Letsoha-Mathae. FOTO: Facebook
MaQueen Letsoha-Mathae. FOTO: Facebook




 
 
 

Comments


bottom of page