'n Juwelierswinkel in Welkom is beroof
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 24, 2025
- 1 min read
Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n saak van sakeroof nadat ‘n juwelierswinkel in Welkom beroof is.
Ses onbekende mans het Dinsdag ‘n plaaslike juwelierswinkel binnegestorm. Die verdagtes het die juwelierswinkel geplunder en was glo met vuurwapens gewapen.
Tydens die voorval is 'n man na bewering aangerand en van sy selfoon beroof.
‘n Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê die verdagtes het met juweliersware, horlosies en ‘n onbekende bedrag kontant weggekom.
LUISTER:






Comments