‘n Kanadees is in die Krugerwildtuin oorlede
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
'n Kanadees is noodlottig gewond tydens 'n braai by 'n piekniekarea naby die Phabeni-hek in die Krugerwildtuin.
Volgens Suid-Afrikaanse Nasionale Parke dui voorlopige inligting daarop dat 'n privaat gids, wat aan 'n toerisme-operateur verbonde is, glo per ongeluk 'n vuurwapen afgevuur het, wat gelei het tot die noodlottige besering van die 69-jarige toeris.
Die gas was deel van 'n groep wat buite die park bespreek het en het slegs die park besoek vir 'n bosbraai wat deur die privaat operateur aangebied is.
Die onderneming beskik oor 'n geldige permit om die fasiliteit binne die wildtuin te bedryf.








Comments