‘n Pasgebore baba is in ‘n plastieksak gevind

Jun 18
1 min read
'n Pasgebore baba is in 'n plastieksak aangetref nadat 'n werker die sak tydens skoonmaakwerk by 'n duiker langs die N6 opgemerk het.
Volgens polisiewoordvoerder, sersant Sinah Mpakane, het die man die sak oopgemaak en ontdek dat daar 'n baba daarin was.
Nooddienste is na die toneel ontbied, waar die baba dood verklaar is en na ‘n lykshuis geneem is.
Die polisie het 'n geregtelike doodsondersoek geopen en vra enigeen met inligting om na vore te kom.









Comments