top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Van koma tot Comrades-sukses

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 18
  • 1 min read

'n Oudleerder van die Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein wat ná 'n ernstige motorongeluk gesê is sy sou nooit weer kan hardloop nie, het vanjaar 41ste onder die vroue in die Comrades-marathon geëindig.


Volgens 'n plasing op die skool se sosiale media was Marga Pienaar in 2012 ses weke lank in 'n koma. Sy moes later weer leer loop nadat dokters gewaarsku het dat sy moontlik nooit weer sou kon hardloop nie.


Veertien jaar later het sy die Comrades in 'n tyd van sewe uur, 23 minute en 48 sekondes voltooi.


Pienaar sê sy beskou haar herstel as 'n tweede kans op die lewe.


Sy het ook tydens die Comrades-naweek haar voormalige Oranje-onderwyser, Johanette Jacobs, raakgeloop. Jacobs het volgens Pienaar haar liefde vir hardloop help ontwikkel toe sy nog op skool was en haar met stories oor die Comrades geïnspireer het.


FOTO: Sekondêre Meisieskool Oranje
FOTO: Sekondêre Meisieskool Oranje

 
 
 

Comments


bottom of page