top of page

‘n Kaping lei tot drama op die R59-pad

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 30
  • 1 min read

‘n Kapingsvoorval by die Sasolburgse landdroshof, in die Vrystaat, het gelei tot ‘n skietvoorval op die R59-pad net buite Parys tussen die vliegveld en die ingang na ‘n landgoed. Polisiewoordvoerder kaptein Loraine Earle het aan The Citizen bevestig dat polisielede van die Fezile Dabi-distrik taakspan die verdagtes na die kaping vroeër die week agterna gesit het toe hulle in die rigting van Parys gevlug het. Een verdagte is noodlottig gewond, en ‘n ander is op die toneel tydens ‘n konfrontasie in hegtenis geneem. Die saak word tans deur die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek.

 
 
 

Comments


bottom of page