top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Karateka is by die UV in die been geskiet

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 15
  • 1 min read

’n Belowende karateka is tydens ’n motorkaping op die sportkampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein in die been geskiet.


Netwerk24 berig volgens polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane is die slagoffer en sy vriendin Sondag omstreeks middernag aangeval. Die aanvaller het hulle beveel om uit die voertuig te klim en het die meisie se selfoon gesteel, waarna hy in hul voertuig weggejaag het.


Die man, Louis du Preez, is tydens die aanval in die been geskiet. Hy is 'n bekende in karatekringe in die stad.


Die woordvoerder van die UV, Nitha Ramnath, het die insident op die sportkampus bevestig.


Du Preez se ma wou by navraag geen kommentaar lewer nie.


Ter illustrasie. FOTO: Freight News
Ter illustrasie. FOTO: Freight News

 
 
 

Comments


bottom of page