top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Karoo-granaatlikeur wen internasionaal

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 5
  • 1 min read

'n Unieke Suid-Afrikaanse granaatlikeur het internasionale erkenning ontvang toe dit twee gesogte goue sterre by vanjaar se Great Taste Awards in die Verenigde Koninkryk verwerf het.


Granaatboer Gerhard Meyer van Karoo Wonderful Pomegranates sê dié toekennings gee erkenning aan sy besigheid se doel om die voorkeurhandelsmerk vir vars granate en granaatprodukte in Suid-Afrika te wees.


Maroela Media berig beoordelaars se terugvoer was dat dit 'n merkwaardige prestasie is dat die likeur, genaamd Karoo Rouge, die smaak en geur van ’n granaat neem en dit omskep in iets wat oortuigend aan port herinner.


Karoo Rouge- granaatlikeur. FOTO: Maroela Media
Karoo Rouge- granaatlikeur. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page