top of page

'n Katarak-blitz verbeter tientalle Bloemfonteiners se sig

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 28
  • 1 min read

Die Cure Daghospitaal in Brandwag in Bloemfontein het in een dag 24 katarak-operasies uitgevoer. 'n Totaal van 48 pasiënte sal dié operasie ontvang.


Bloemnuus berig die oftalmoloog Wayne Marais en narkotiseur Simanga Vuthela, asook bystandpersoneel van dié hospitaal, het Maandag met die katarak-blitz begin, en dit duur Dinsdag voort.


Marais, wat ook die hoof van die departement oftalmologie aan die Universiteit van die Vrystaat is, sê die vorming van katarakte is deel van die normale verouderingsproses. Dit word reeds sedert die jare 1980 met operasies verwyder, alhoewel toerusting al verbeter het sodat die pasiënt dieselfde dag nog huis toe kan gaan.


Cure Daghospitaal het die teaters, toerusting en mediese voorraad vir die katarak-blitz verskaf.


FOTO: Bloemnuus
FOTO: Bloemnuus

Comments


bottom of page