‘n Kerk brand af, maar Bybels bly ongedeerd
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Die Nuwe Apostoliese Kerk Towerby in Johannesburg vier wat hy as ’n wonderwerk beskou nadat die nagmaalskelke en Bybels almal onaangeraak gebly het toe die kerk afgebrand het.
Die sakristie het slegs geringe skade opgedoen.
IOL berig niks anders kon uit die brand gered word nie.
Die kerk het Dinsdag aan die brand geraak. Niemand is beseer nie en dit is nog nie duidelik hoe die brand ontstaan het nie.
Die kerk het in 'n verklaring gesê die gebou is onveilig verklaar en kan in sy huidige toestand nie gebruik word nie.








Comments