'n KI-liedjie in Zoeloe laat Pieter Groenewald nederig voel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 24 minutes ago
- 1 min read
'n Liedjie met lirieke in Afrikaans en Zoeloe oor die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, laat hom nederig voel. So sê Groenewald oor die liedjie, Nangu Mlungu, wat al meer as 10 000 keer op TikTok gekyk is.
Netwerk24 berig dit blyk dat die liedjie deur die Somandla Institute op sy amptelike TikTok-blad gelaai is. Die instituut funksioneer hoofsaaklik as aanlyn platform en voorspraakgroep wat fokus op demokratiese ontwikkeling en kulturele kommentaar. Die instituut is hoogs aktief op sosiale media met video’s oor die Suid-Afrikaanse politiek, geskiedenis en gemeenskapsbemagtiging en het ’n groot aanhang.
Die liedjie is na verneem word met kunsmatige intelligensie geskep, en die lirieke lui: “Hier is die wit man: Pieter. Ons gaan saam met hom. Vorentoe, vorentoe."
Groenewald sê as hy is dankbaar dat hy ’n bydrae kan lewer dat die land saam vorentoe kan beweeg.








Comments