'n Kind is dood in ’n insident met 'n munisipale watervragmotor

Jun 14
1 min read
'n Kind is dood in ’n voorval waarby ’n munisipale watervragmotor in Botshabelo in Bloemfontein betrokke was.
Die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit sê in 'n verklaring die omstandighede rondom die voorval word ondersoek, en daar word saam met wetstoepassingsowerhede en ander relevante instansies gewerk om die feite vas te stel.
Die verklaring lui voorts dat die veiligheid en welstand van alle gemeenskapslede, veral kinders, van die uiterste belang bly. Die metro sê hy sal alle toepaslike veiligheidsprotokolle en -prosedures hersien en enige nodige regstellende maatreëls tref wat uit die bevindings van die ondersoek voortspruit.









Comments