top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Kind ry glo monnike in Thailand dood

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 3
  • 1 min read

Tien Boeddhistiese monnike is oorlede nadat ’n 11-jarige seun met ’n bakkie te midde van 'n groep mense ingejaag het.


Maroela Media berig 'n groep van 35 monnike en vyf volgelinge het langs ’n pad in die provinsie Mukdahan gestap tydens ’n pelgrimstog toe die bakkie tussen hulle ingeploeg het.


Die polisie sê die 11-jarige seun het sy ouers se voertuig sonder toestemming geneem, en voeg by die seun was nie in staat om ’n verklaring aan die polisie te gee nie.


Vyf monnike is op die toneel dood, terwyl nog vyf later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.


Die seun is saam met sy ma na kinderwelsynsowerhede vir ’n assessering verwys. In Thailand dra kinders jonger as 12 geen strafregtelike aanspreeklikheid nie.


Boeddhistiese monnike geniet groot aansien in Thailand en word beskou as bewaarders van die leerstellings van Boeddha.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page