top of page

'n Klag is teen 'n omstrede uitvoerende hoof aangangig gemaak nadat sy 'n joernalis glo probeer omkoop

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 7
  • 1 min read

Die minister van Openbare Werke, Dean Macpherson, sê hy sal aan die voorpunt wees in die stryd teen korrupsie in sy departement.

Newskoop berig Macpherson het die media ingelig dat hy kriminele klagte teen die uitvoerende hoof van die Independent Development Trust (IDT), Tebogo Malaka, aanhangig gemaak het.

Dit kom nadat ‘n video wyd op sosiale media gedeel is, wat Malaka en woordvoerder Phasha Makgolane wys waar hulle Daily Maverick-joernalis Pieter-Louis Myburg glo probeer omkoop.

Malaka het R60 000 aan die joernalis aangebied om op te hou om haar vir korrupsie te ondersoek.

Macpherson sê die video het hom in ongeloof gelaat.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page