‘n Klagte teen ‘n VS dominee sloer glo te lank

Die minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling is gevra om in te gryp weens die beweerde traagheid waarmee ’n klagte teen ’n predikant van Reddersburg in die Vrystaat hanteer word.
Netwerk24 berig die klagte by die Menseregtekommissie teen dominee Pieter de Jager kom nadat hy in Februarie 'n brief aan Rapport geskryf het onder die opskrif "’n Vrou wat haar plek ken, is ’n gelukkige vrou".
Luidens die klagte voer De Jager in sy brief aan dat vroue onder die gesag van die man leef en dat ’n vrou haar plek voor God moet ken. Die klag voer aan dat dié stellings neerkom op voorspraak vir die ondergeskiktheid van vroue en moontlik geslagsdiskriminasie en haatspraak bevat.
Die hoof van die MRK se regsdienste, Jessica Lawrence, het die klagte in April na die Kommissie vir Geslagsgelykheid verwys. Die kommissie het nie op navrae gereageer nie.
De Jager het by navraag gesê hy is nie bewus van die klagte teen hom nie.









Comments