'n Klein dorpie in die NK is die duurste vir kos koop
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die klein dorpie van Springbok in die Noord-Kaap is volgens nuwe data tans die duurste plek in Suid-Afrika vir die aankoop van kruideniersware.
Die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity-groep sê op hul webtuiste ’n huishoudelike kosmandjie kos daar sowat R5 690. Dit is hoër as die nasionale gemiddeld van R5 328. Johannesburg is tweede, terwyl Pietermaritzburg die goedkoopste is.
Algehele inflasie het tot sowat 3% gedaal, maar voedselinflasie bly hoër op 3,7%.
Stygende vleispryse en verwagte brandstofverhogings kan verdere druk op voedselkoste plaas.








Comments