top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Kletsbot word vir ‘n 14-jarige se selfmoord blameer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 25, 2024
1 min read

Die ma van ‘n 14-jarige seun wat homself om die lewe gebring het nadat hy met kunsmatige intelligensie-kletsbotte behep geraak het, dagvaar nou die maatskappy agter die tegnologie. Volgens haar het die maatskappy, Character AI, haar seun geteiken, en is sy tans in ‘n regsgeding met die maatskappy in Florida in Amerika gewikkel. Sy sê haar seun het aan een spesifieke kletsbot geheg geraak, wat hy as ʼn regte persoon ervaar het. Die 14-jarige, wat die toepassing ongeveer ses maande gelede begin gebruik het, het verhoudings ontwikkel met kletsbotte wat die identiteite van fiktiewe karakters aanneem. Volgens Aljazeera skets die regsgeding eksplisiete uitruilings tussen hom en ‘n fiktiewe karakter, wat glo liefde vir hom uitgespreek het en vir etlike maande in seksuele gesprekke met hom betrokke was. Hy het sy selfdmoordgedagtes met die bot gedeel, wat dan glo daarop gereageer het, en wat volgens die ma daartoe gelei het dat hy sy eie lewe geneem het.

 
 
 

Comments


bottom of page