top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Kleuterskoolkok is gevonnis vir 'n kind se verkragting

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 19
  • 1 min read

Die Bloemfonteinse Hof vir Seksuele Misdrywe het 'n man skuldig bevind en tot 20 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n driejarige meisie.


Ten tyde van die voorval in 2024 was die beskuldigde as ‘n kok werksaam by die kleuterskool wat die kind bygewoon het. Hy was ook verantwoordelik vir los werkies rondom die kleuterskool.


Die beskuldigde, wat by die kleuterskool gewerk het, het die slagoffer na die toilette vergesel, waar hy haar verkrag het. Die beskuldigde het die slagoffer gedreig en haar gesê om niemand van die voorval te vertel nie.


Die Nasionale Vervolgingsgesag se streekwoordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê die slagoffer het uiteindelik haar ma van die voorval vertel.


LUISTER HIER:


Mojalefa Senokoatsane

Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media


 
 
 

Comments


bottom of page