top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Koeël mis 'n Wepener-man se hart met sentimeters

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
52 minutes ago
1 min read

’n Inwoner van Wepener in die Vrystaat is die naweek in ’n gewapende rooftog voor sy huis twee keer geskiet en een van die koeëls sy hart met sentimeters gemis.


Netwerk24 berig Americo Franca was Dinsdag in ’n stabiele toestand in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein.


Volgens sy vrou, Anel, was haar man Saterdagoggend omstreeks drie-uur op pad na Bloemfontein vir werk. Nadat hy die hek toegemaak het en weer in sy voertuig geklim het, het twee persone met klapmusse voor hom verskyn. Een van die rowers was gewapen.


Hy is in die arm geskiet en die koeël het sy long effens geskraap, deur die borsbeen gegaan en sy hart met sentimeters gemis. Hy is ook in die knie geskiet, waarvoor hy ’n operasie ondergaan het.


Die rowers het ook R20 000, waarmee hy produk-aankope moes doen, by hom gevat.


Polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane sê die polisie in Wepener ondersoek ’n saak van poging tot moord met ’n bykomende roofklag.


Americo Franca. FOTO: Facebook
Americo Franca. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page