top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Komitee spreek hul kommer uit rakende die Sanitêre Waardigheidsprogram

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 1 day ago
  • 1 min read

Die Portefeuljekomitee oor Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede het kommer uitgespreek oor die implementering van die Sanitêre Waardigheidsprogram.


Die komitee se kommer fokus op vertragings, ongelyke implementering en vrae rondom befondsing en doeltreffendheid in die Sanitêre Waardigheidsprogram. Die komitee het inligtingsessies van die Departement van Basiese Onderwys en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling ontvang. Die komitee sê die program bly ‘n kritieke intervensie vir leerders, maar staar uitdagings in die gesig wat dekking, koördinering en besteding betref.


Dit vra vir sterker toesig, duideliker verslagdoening en verbeterde samewerking om effektiewe aflewering van sanitêre produkte landwyd te verseker.


Ter illusrtasie. FOTO: Wix
Ter illusrtasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page