‘n Komitee vir die Christelike sektor stel ‘n raamwerk vir verantwoordbaarheid voor
- Saamgestel deur Jana Roos

- 14 minutes ago
- 1 min read
Eerwaarde John Maloma van die Evangelical Alliance South Africa (Teasa) sê die Artikel 22 ad hoc-komitee vir die Christelike sektor het ‘n nuwe konsep-raamwerk vrygestel.
Maloma het Vrydag aan die media gesê dat die raamwerk op verskeie pilare gebou is, insluitend ‘n Kode van Etiese en Professionele Gedrag.
Hy verduidelik verder dat dit hul - onder andere - verbintenis bevestig om met deernis op te tree en kwesbare mense te beskerm.
Maloma voeg by dat die raamwerk ook die stigting van ‘n onafhanklike Christelike Praktykraad vir Etiek en Verantwoordbaarheid voorstel. Hy sê die raad is van kritieke belang om te verseker dat hul optrede hul woorde van hoop, liefde en geloof weerspieël en die openbare vertroue herstel en versterk.






Comments