'n Konsepbeleid oor KI is vir SA gepubliseer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 13
- 1 min read
Die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë het ’n konsepbeleid oor Kunsmatige Intelligensie (KI) vir Suid-Afrika gepubliseer, wat daarop gemik is om die plaaslike KI-ekosisteem te versterk.
MyBroadband berig die beleid prioritiseer ’n sektor-spesifieke, multi-reguleerdermodel, met die doel om KI-bestuur in bestaande liggame soos die Inligtingsreguleerder te integreer, om gebruikersprivaatheid te help beskerm.
Die departement het in ’n Staatskoerant-kennisgewing gesê die konsepbeleid is nog in wording, en dat die finale benadering uitgebreide eksterne konsultasie sal vereis. Die departement het die implementering in drie fases verdeel, elk oor ’n finansiële jaar, waarvan die eerste fase reeds in die 2025/26 finansiële jaar voltooi is.
Die sleutel tot Suid-Afrika se Nasionale KI-beleid is die konsep van billikheid tussen generasies, wat beklemtoon dat dit belangrik is om te verseker dat KI-ontwikkeling die behoeftes van huidige en toekomstige geslagte dien.
Intussen berig Newskoop die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê KI kan dienslewering verbeter indien dit verantwoordelik bestuur word. Malatsi waarsku dat KI bestaande ongelykheid kan verdiep, uitsluiting kan versterk en Suid-Afrikaners aan skade kan blootstel as dit nie gelei word nie.
Belangstellendes het tot 10 Junie om kommentaar te lewer op die konsepbeleid.








Comments