‘n Koper kry snuf in die neus oor goedkoop skaapvleis in Bloem
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 8
- 1 min read
Na ‘n wenk van verdagtes wat goedkoop vleis in Bergmanplein, Bloemfontein, verkoop is drie verdagtes, ‘n vrou en twee mans, in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring ‘n voornemende koper het die polisie oor die verdagte slagting en verkoop van skape ingelig. Die polisie het vinnig gereageer en die drie verdagtes is in besit van agt karkasse en een lewende skaap gevind. 'n Saak van huisroof en veediefstal is geopen. Volgens die verslag het die verdagtes glo ‘n slagoffer by Martindale met vuurwapens beroof en 21 skape gesteel. Die vermeende diewe het glo die slagoffer met toue vasgevind en in die huis agter gelaat. Hulle sal na verwagting eersdaags in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.





Comments